English
Besoeker Nommer: 377

Braaivleis

Kaing. `n Braaivleis seun

Ramme in die veld

Snowball

Otniel: `n Snowball seun

DSCF3081

Dr. Fanie Steyn from Ramsem

Picture1 (2)

Embrio's

Splitting van Embrio

Braaivleis

Kaing. `n Braaivleis seun

Ramme in die veld

Snowball

Otniel: `n Snowball seun

LANDBOUWEEKBLAD – 6 JULIE 2001 Premiepryse bring nuwe hoop Louw Pretorius

‘n Groep Boesmanlandse skaapboere is pas vir die gehalte van hul produk ver-eer. Hulle verdien premiepryse en produseer volhou-baar.
Groot welslae is by natLAM (Edms) Bpk se LAW-skaapslagplaas by Groblershoop behaal na ‘n verbintenis deur die slagplaas en sy produsente om lamkarkasse van gehalte in bepaalde nismarkte volgens verbruikersvoorkeur te lewer. Nuwe deure is nou oop vir meer boere om in die benadering te deel. By natLAM se eerste jaarvergadering en boeredag op Groblershoop is die top-20 produsente uit meer as 300 wat lammers die afgelope jaar by LAW laat slag het, vereer. Al 300 boere het hul vee binne die ISO 9002-stelsel van SA Natural Beef (SANB) by LAW laat slag.KLK-Landbou Beperk (KLK) van Upington en Griekwaland-Wes Kooperasie (GWK) van Douglas het by die vergadering aangekondig dat hulle tot die natLAM-groep toegetree het, met Meatlands van Colesberg volgende op die lys. Gesamentlik verleen dit aan die groep ‘n slagvermoe van 5 000 skape/dag en 2000 beeste/dag. (Sien artikel vir meer besonderhede)

Grafiek 1 toon die verskil wat boere vir hul lammers by die LAW-slagplaas gekry het met die prys vir lammers wat aan die ISO-standaard voldoen het en dié deel van ‘n besending wat nie daaraan voldoen het nie. Grafiek 2 toon die totale premie per karkas wat met gesertifiseerde lammers verdien is. Grafiek 3 vertel eintlik die volle verhaal. Die twee onderste lyne toon hoe vinnig produsente hul plaaspraktyke in rat gekry het om toenemend meer diere binne die verlangde spesifikasies te lewer.

Om vir die top-20-groep in aanmerking te kom, moes minstens 60 % van die aantal diere wat ‘n boer laat slag het, aan die ISO-standaard voldoen. Ander aspekte wat in ag geneem is, is die hoeveelheid diere aangebied vergeleke met die persentasie aanvaar, algemene netheid op die plaas en of ‘n produsent enige regstellende aksie ten opsigte van die ISO-standaard moes onderneem.Die groep van 20 boere wat vanjaar in aanmerking gekom het, dien ook as aksie-komitee vir die projek volgende jaar.

Mnr. Sarel Saunderson van Nooitgedacht, Kenhardt, is vanjaar die top-presteerder in die groep van 20. Hy is van die begin van die projek in 1999 daarby betrokke en het begin met ‘n gemiddeld van 50 % van sy lammer-oes binne spesifikasie.

Nou slag hy tot 80 % binne vereistes en sê dat die premie wat hy die afgelope jaar binne die ISO-stelsel verdien het, sy twee permanente arbeiders se lone vir die jaar betaal het.Wat die spesifikasies betref, word ‘n karkasgewig van 16 kg tot 22 kg vereis met ‘n klassifikasie van A2/A3 en bouvorm 3 tot 5. Dit is hoofsaaklik Dorpers wat tans uit die Boesmanland-omgewing vir die projek voorsien word.Mnr. Van Wyk sê egter dat van die wolrasse soos die Letelle besonder goed in die projek vaar en dit pas selfs die Merino baie goed wanneer dié diere in die AB-klas bemark word. Mnr. Saunderson boer met ‘n kommersiële Dorperkudde van 800 ooie. Die voorgeskrewe drakrag vir die omgewing is 6,5 ha/kleinvee-eenheid (KVE).

Hy vertel dat in die laat jare negentig ‘n studiegroep in die omgewing dié drakrag ernstig onder die loep geneem het. Die boer wat in dié studie die beste inkomste/ha gerealiseer het, het ‘n dravermoë van 12 ha/KVE gehandhaaf.

Hy gebruik dieselfde belading al vir ‘n aantal jare binne ‘n stelsel van bewaringsboerdery waarvan die gehalte van die plaas se veld in opbrengs en spesiesamestelling ‘n sprekende voorbeeld is.In totaal word daar op nagenoeg 10 000 ha geboer. Voorheen is daar streng met elke trop diere in ‘n eie driekampstelsel geboer, dermate dat as een stelsel nie voldoende reën kry nie, die diere in daardie stelsel liewer gevoer word pleks dat hulle geskuif word na ‘n ander stelsel waar beter veld is. Elke stelsel was dus as ‘n afsonderlike eenheid bestuur.Die bewaringstelsel wat deesdae toegepas word, behels dat elke kamp op die plaas volgens sy eie dravermoë geëvalueer word. Kampstelsels word steeds gevolg, maar elke stelsel se dravermoë word volgens die potensiaal van die onderskeie kampe bepaal. Dit maak byvoorbeeld voorsiening vir die groot verskille tussen rante- en vlakteveld. Van die swakste kampe word so lig as 14 ha/KVE benut, terwyl ander ‘n belading van tot 9 ha/GVE kan dra, sê mnr. Saunderson.Maar vanwaar die skielike premieverdienste?“Geen bykomende infrastruktuur nie. Behalwe ‘n skaal as jy nie een het nie. Nee,dis gewoon beter bestuur.“Aan die begin was my lammers oorwegend te swaar. Sien, ek was gewoond om die beste lammers voor weg te laai. Daar was nie ‘n premie op gehalte nie. Gevolglik het jy met swaarder lammers beter pryse probeer kry — meer per karkas.

Daarom kon ek aan die begin kwalik 50 % binne spesifikasie slag,” sê mnr. Saunderson.Dis toe dat hy begin weeg het en sy lammers op 40 kg lewend, pleks van op 45 kg en selfs swaarder, te bemark. Maksimum gewig was voorheen nie ter sprake nie, so lank ‘n lam net nog nie gewissel het nie.

Selfs 54 kg lewend vir lammers het in goeie jare volop voorgekom.’n Lam wat nou op 54 kg lewend geslag word, sal teen heersende pryse in die gewone mark R315 uitslag. As dieselfde lam op 41 kg in ‘n nismark volgens verbruikersvoorkeur bemark word, sal hy R345 uitslag. Dus ‘n verskil van bykans 10 % meer, waarvan grafiek 2 ‘n bewys is.“Maar dit gaan nie net om die premieprys nie. Omdat die lammers gouer van die ooie weggeneem word, kan die ooie weer gouer gedek word. Dit beteken dat ‘n mens tot 10 % meer ooie kan aanhou sonder om die veld te benadeel”, sê mnr. Saunderson.Hy hou sy lammerooie, gusooie en uier-ooie in afsonderlike troppe aan. Die ramme bly in ‘n verhouding van 3 % by die gustrop. Die hooflamseisoen bly egter Maart tot Mei en weer in September tot Oktober, maar die meeste lammers kom in die herfs aan wanneer die beste veld normaalweg beskikbaar is.’n Eerste kudde ooie waarin dié boerdery se beste ooie opgeneem is, is uitgesoek. Hieruit word ramme vir eie gebruik en vervangingsooie vir die hele kudde geproduseer. ‘n Goeie stoetram word met tussen-poses vir dié kudde ingekoop.Mnr. Saunderson sê voorts dat hy voorheen seisoenaal gedoseer en geënt het. Onder die ISO-stelsel word al die karkasse op die slaglyn evalueer en die vyfde kwart ondersoek. Die resultate is deel van die boer se slagtingsverslag. Dit beteken die boer sien deurlopend wat die kliniese toestand van sy kudde is en hy kan volgens behoefte doseer. Boonop verleen dit groter verhandelbaarheid aan die vyfde kwart, dus beter inkomste/karkas wat na ‘n beter premie gekanaliseer kan word.“Die feit dat ‘n boer op dieselfde grond ‘n beter inkomste binne ‘n volhoubare boerderystelsel kan realiseer, skep beslis nuwe hoop, nuwe doelwitte en ‘n nuwe trots op die produk wat jy lewer,” aldus mnr. Saunderson.

DSCF3081

Dr. Fanie Steyn from Ramsem

Picture1 (2)

Embrio's

Splitting van Embrio

Braaivleis

Kaing. `n Braaivleis seun

Ramme in die veld

Snowball

Otniel: `n Snowball seun

DSCF3081

Dr. Fanie Steyn from Ramsem

Picture1 (2)

Embrio's

Splitting van Embrio

Any enterprise built by wise planning, becomes strong through common sense and profits wonderfully by keeping abreast of the facts.
-KING SOLOMON

We can complain because rose bushes have thorns or we can rejoice because thorn bushes have roses
- ABRAHAM LINCOLN

Terug Na Bo